Job 14:1-22

  • Job antwoord verder (1-22)

    • Mens se lewe is kort en vol probleme (1)

    • “Selfs vir ’n boom is daar hoop” (7)

    • “As u my maar in die Graf wou wegsteek” (13)

    • “As ’n man sterf, kan hy weer lewe?” (14)

    • God sal verlang na werk van sy hande (15)

14  “Die lewe van ’n mensis kort+ en vol probleme.+   Hy verskyn soos ’n bloeisel, en dan verlep hy.*+ Hy vlug soos ’n skaduwee en verdwyn.+   Ja, u hou hom dop,en u bring hom* voor die hof.+   Kan ’n sondige persoon geboorte gee aan iemand sonder sonde?+ Nee!   Sy dae is vasgestel. U het die getal van sy maande bepaal. Hy kan nie verder gaan as die perk wat u vir hom gestel het nie.+   U moet van hom af wegkyk sodat hy kan rus,totdat hy sy dag se werk voltooi, soos ’n gehuurde werker.+   Want selfs vir ’n boom is daar hoop. As hy afgekap word, sal hy weer uitspruit,en sy takkies sal aanhou groei.   As sy wortel oud word in die gronden sy stomp in die aarde sterf,   sal hy uitspruit as hy water ruik,en hy sal takke voortbring soos ’n nuwe plant. 10  Maar ’n man sterf en lê magteloos. Wanneer ’n mens sy laaste asem uitblaas, waar is hy?+ 11  Waters verdwyn uit die see,en ’n rivier loop leeg en droog op. 12  So gaan lê die mens, en hy staan nie op nie.+ Solank as wat die hemel bestaan, sal hy nie wakker word nie, en hy sal nie weer wakker gemaak word nie.+ 13  Ag, as u my maar in die Graf* wou wegsteek+en my daar wou hou totdat u nie meer kwaad is nie. As u maar vir my ’n tyd wou vasstel en aan my wou dink!+ 14  As ’n man sterf, kan hy weer lewe?+ Al die dae wat vir my vasgestel is,* sal ek wag,totdat my verligting kom.+ 15  U sal roep, en ek sal u antwoord.+ Na die werk van u hande sal u verlang.* 16  Maar nou hou u al my treë dop. U kyk net na my sondes. 17  My oortredings is in ’n sak verseël,en u verseël dit met gom. 18  Net soos ’n berg ineenstort en verbrokkelen ’n rots verskuif word, 19  net soos water klippe verweeren ’n sterk stroom die grond wegspoel,so het u die hoop van die mens vernietig. 20  U oorweldig hom met u krag totdat hy doodgaan.+ U verander sy voorkoms en u stuur hom weg. 21  Sy seuns word geëer, maar hy weet dit nie. Hulle word onbelangrik, maar hy besef dit nie.+ 22  Slegs terwyl hy lewe, voel hy pyn. Slegs terwyl hy lewe, treur hy.”

Voetnote

Of moontlik “en word afgesny”.
Lett. “my”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
D.w.s. in die graf.
Of “vurig verlang”.