Psalms 41:1-13
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.
41 Gelukkig is elkeen wat aandag gee aan die hulpelose.+
Jehovah sal hom in die dag van rampspoed red.
2 Jehovah sal hom beskerm en sy lewe bewaar.
Hy sal gelukkig genoem word op die aarde.+
U sal hom nooit oorlewer aan sy vyande* nie.+
3 Jehovah sal hom op sy siekbed ondersteun.+
Gedurende sy siekte sal u sy bed heeltemal verander.
4 Want ek het gesê: “O Jehovah, wees genadig teenoor my.+
Genees my,+ want ek het teen u gesondig.”+
5 Maar my vyande praat sleg van my:
“Wanneer sal hy doodgaan en sal sy naam verdwyn?”
6 As een van hulle my kom sien, vertel sy hart leuens.
Hy kry iets skadeliks om te sê,en dan gaan hy uit en versprei dit oral.
7 Almal wat my haat, fluister vir mekaaren beplan slegte dinge teen my:
8 “Hy het iets verskrikliks oorgekom.
Noudat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.”+
9 Selfs die man wat in vrede met my gelewe het, die een wat ek vertrou het,+wat my brood geëet het, het sy hakskeen teen my opgelig.*+
10 Maar u, o Jehovah, wees genadig teenoor my en help my op,sodat ek hulle kan terugbetaal.
11 Hieraan sal ek weet dat ek u goedkeuring geniet:
Wanneer my vyand nie kan uitroep omdat hy my oorwin het nie.+
12 U ondersteun my weens my integriteit.*+
U sal my vir ewig in u teenwoordigheid hou.+
13 Mag Jehovah, die God van Israel, geloof wordtot in alle ewigheid.*+
Amen en Amen.
Voetnote
^ Of “die begeerte van sy vyande”.
^ Of “het teen my gedraai”.
^ Of “van ewigheid tot ewigheid”.