Psalms 85:1-13

  • Gebed om weer God se goedkeuring te geniet

    • God sal oor vrede praat met lojales (8)

    • Lojale liefde en getrouheid sal ontmoet (10)

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie. 85  U was goed vir u land, o Jehovah.+ U het dié van Jakob wat gevange geneem is, teruggebring.+   U het die oortreding van u volk vergewe. U het al hulle sondes vergewe.*+ (Sela)   U het al u woede teruggehou. U het van u gloeiende woede af weggedraai.+   Laat ons weer u goedkeuring geniet,* o God van ons redding,en laat vaar u woede teen ons.+   Sal u vir ewig vir ons kwaad wees?+ Sal u u woede van geslag tot geslag laat aanhou?   Sal u ons nie weer nuwe krag gee,sodat u volk vreugde in u kan vind nie?+   Betoon u lojale liefde aan ons, o Jehovah,+en red ons.   Ek sal luister na wat die ware God, Jehovah, sê,want hy sal oor vrede praat met sy volk+ en sy lojales,maar laat hulle tog nie weer te veel selfvertroue kry nie.+   Sy redding is beslis naby dié wat hom vrees,+sodat sy heerlikheid in ons land kan woon. 10  Lojale liefde en getrouheid sal ontmoet. Regverdigheid en vrede sal mekaar soen.+ 11  Getrouheid sal uit die aarde spruit,en regverdigheid sal uit die hemel afkyk.+ 12  Ja, Jehovah sal gee wat goed is,*+en ons land sal sy opbrengs lewer.+ 13  Regverdigheid sal voor hom uit gaan+en ’n pad vir sy voetstappe maak.

Voetnote

Lett. “bedek”.
Of “Bring ons terug”.
Of “sal voorspoed gee”.