Psalms 97:1-12

  • Jehovah ver bo ander gode

    • “Jehovah het Koning geword!” (1)

    • Wees lief vir Jehovah, haat wat sleg is (10)

    • Lig vir regverdige (11)

97  Jehovah het Koning geword!+ Laat die aarde vreugdevol wees.+ Laat die baie eilande bly wees.+   Daar is digte, donker wolke reg rondom hom.+ Regverdigheid en geregtigheid is die fondament van sy troon.+   Vuur gaan voor hom uit+en verteer sy vyande aan alle kante.+   Sy weerligstrale verlig die land. Die aarde sien dit en bewe.+   Die berge smelt soos was voor Jehovah,+voor die Here van die hele aarde.   Die hemel verkondig sy regverdigheid,en al die volke sien sy heerlikheid.+   Laat almal wat enige beeld dien, verneder word,+dié wat oor hulle waardelose gode spog.+ Buig neer voor* hom, alle gode.+   Sion hoor dit en word bly.+ Die dorpe* van Juda is vreugdevolas gevolg van u oordele, o Jehovah.+   Want u, o Jehovah, is die Allerhoogste oor die hele aarde. U is ver bo al die ander gode.+ 10  O julle wat Jehovah liefhet, haat wat sleg is.+ Hy bewaar die lewe van sy lojales.+ Hy red hulle uit die hand* van die goddeloses.+ 11  Lig het geskyn vir die regverdige,+en blydskap vir die opregtes van hart. 12  Wees bly oor Jehovah, o regverdiges,en loof sy heilige naam.*

Voetnote

Of “Aanbid”.
Lett. “dogters”.
Of “mag”.
Lett. “heilige gedagtenis”.