Spreuke 20:1-30

  • Wyn maak mense belaglik (1)

  • Luiaard ploeg nie in winter nie (4)

  • Man se gedagtes soos diep waters (5)

  • Moenie oorhaastig beloftes aan God maak nie (25)

  • Prag van jong manne is hulle krag (29)

20  Wyn maak mense belaglik;+ alkohol maak hulle lawaaierig,+en elkeen wat as gevolg daarvan van die regte pad afdwaal, is nie wys nie.+   ’n Koning veroorsaak net soveel vrees soos ’n leeu* wat brul.+ Die een wat hom kwaad maak, waag sy lewe.+   Dit bring vir ’n man eer as hy ’n stryery vermy,+maar elke dwaas raak betrokke daarby.+   Die luiaard ploeg nie in die winter nie. Daarom sal hy in die oestyd bedel, wanneer hy niks het nie.*+   Die gedagtes* van ’n man se hart is soos diep waters,maar die man wat insig het, sal dit na die oppervlak bring.   Baie mense sê dat hulle lojale liefde het,maar wie kan ’n getroue man vind?   Die regverdige volg ’n weg van integriteit.*+ Gelukkig is sy kinders wat ná hom kom.+   Wanneer ’n koning op die troon sit om te oordeel,+stel hy ondersoek in en raak hy ontslae van alle goddeloosheid.*+   Wie kan sê: “Ek het my hart gereinig.+ Ek het geen sonde nie”?+ 10  Valse gewigte en valse maathouers* – albei is vir Jehovah afskuwelik.+ 11  Deur sy dade wys ’n kindof sy gedrag rein en reg is.+ 12  Die oor wat hoor en die oog wat sien– Jehovah het hulle al twee gemaak.+ 13  Moenie slaap liefhê nie, want dan sal jy arm word.+ Maak jou oë oop, dan sal jy genoeg kos hê.+ 14  “Dit is sleg, dit is sleg!” sê die koper. Dan gaan hy weg en spog oor wat hy gekoop het.+ 15  Daar is goud en ook baie korale,*maar die lippe van kennis is kosbaar.+ 16  Neem ’n man se kleed as hy vir ’n vreemdeling borg gestaan het,+en as hy dit vir ’n onsedelike vrou* gedoen het, moet jy van sy besittings as sekuriteit neem.+ 17  Kos wat oneerlik verkry is, smaak vir ’n man lekker,maar agterna sal sy mond vol klippies wees.+ 18  As planne bespreek word, sal dit suksesvol wees,+en met wyse leiding moet jy jou oorlog voer.+ 19  ’n Lasteraar praat oor vertroulike dinge.+ Moenie assosieer met iemand wat daarvan hou om te skinder nie. 20  As jy jou pa en jou ma vervloek,sal jou lamp uitgedoof word wanneer die duisternis kom.+ 21  Rykdom wat deur gierigheid verkry word,sal op die ou end nie ’n seën wees nie.+ 22  Moenie sê: “Ek sal jou terugbetaal vir wat jy aan my gedoen het!” nie.+ Hoop op Jehovah,+ en hy sal jou red.+ 23  Valse gewigte* is vir Jehovah afskuwelik,en ’n bedrieglike weegskaal is nie goed nie. 24  ’n Mens se voetstappe word deur Jehovah gerig.+ Hoe kan ’n mens self weet waarheen hy moet gaan?* 25  Dit is vir ’n mens ’n strik om oorhaastig te belowe om iets aan God te gee+en eers later te dink aan wat hy belowe het.+ 26  ’n Wyse koning sif die goddeloses uit+soos kaf van die koring geskei word.+ 27  Die asem van die mens is die lamp van Jehovah. Dit openbaar wat diep binne hom is. 28  Lojale liefde en getrouheid beskerm ’n koning.+ Deur lojale liefde staan sy troon vas.+ 29  Die prag van jong manne is hulle krag,+en die versiering van ou manne is hulle grys hare.+ 30  Kneusplekke en wonde verwyder goddeloosheid,+en ’n pak slae maak ’n mens se innerlike skoon.

Voetnote

Of “jong maanhaarleeu”.
Of moontlik “Hy sal in die oestyd soek, maar niks vind nie”.
Of “bedoelings”. Lett. “raad”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of “sif hy alle goddeloosheid met sy oë uit”.
Of “Twee verskillende gewigte en twee verskillende maathouers”.
Of “’n uitlander”.
Of “Twee verskillende gewigte”.
Of “sy eie weg verstaan”.