LIED 46
Ons dank u, Jehovah
-
1. Ons dank u, Jehovah, vir lig wat u gee,
want dit help ons wandel in al u weë.
Ons dank u dat ons ook die voorreg mag hê
om al ons probleme voor u te lê.
-
2. Ons dank u, o God, vir u dierbare Seun,
want sy goeie voorbeeld help iedereen.
Ons dank u dat u ons van leiding voorsien;
so help u ons daagliks om u te dien.
-
3. Ons dank u, o God, vir die eer om te preek,
dat ons van u naam en u wil kan spreek.
Ons dank u vir hoop wat u Koninkryk bied;
ons sien binnekort hoe u wil geskied.
(Sien ook Ps. 50:14; 95:2; 147:7; Kol. 3:15.)