God belowe dat ons planeet sal oorleef
“Die Aarde is baie sterker as wat ons gedink het.”
Dit was die gevolgtrekking wat ’n internasionale span navorsers in verband met klimaatsverandering bereik het. As jy in ’n Skepper glo wat vir mense omgee, sal hierdie wetenskaplike gevolgtrekking jou dalk herinner aan die baie selfgenesende natuurlike prosesse wat God by ons planeet se ontwerp ingebou het.
Maar omdat die mens die aarde so erg beskadig het, is meer as natuurlike prosesse nodig vir ons planeet om te oorleef. Hoekom kan ons oortuig wees dat God iets daaromtrent gaan doen?
Kyk na die tekste in die venster wat ons verseker dat die aarde sal oorleef en selfs sal floreer.
Ons planeet is deur God geskep. “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.” – Genesis 1:1
God is die eienaar van ons aarde. “Aan Jehovah a behoort die aarde en alles daarop.” – Psalm 24:1
God het ons planeet ontwerp om te oorleef. “Hy het die aarde op sy fondamente gevestig. Dit sal vir ewig en altyd nie uit sy plek verskuif word nie.” – Psalm 104:5
God belowe dat lewe vir ewig op ons planeet sal floreer. “Die ware God, die Een wat die aarde gevorm het, [het] dit nie verniet geskep . . . nie, maar [het] dit gemaak . . . om bewoon te word.” – Jesaja 45:18
God belowe dat mense vir ewig op ons planeet sal lewe. “Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop lewe.” – Psalm 37:29
God het die aarde ontwerp sodat mense die lewe kan geniet sonder om dit te beskadig. Die Bybel voorspel dat Jehovah God, op sy vasgestelde tyd, ’n einde sal maak aan die selfsugtigheid wat ons planeet beskadig het. – Openbaring 11:18
Die Bybel belowe dat God ons planeet dan in ’n gesonde, pragtige paradys sal verander en sy hand sal oopmaak om “die begeerte van alles wat lewe [te bevredig]”. – Psalm 145:16
a Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.