Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

God gee vir jou om

God gee vir jou om

DIE Bybel bevat die heel beste raad vir ons omdat dit van God af kom. Dit is nie ’n gesondheidsorghandboek nie, maar dit kan ons op praktiese maniere help om moeilike omstandighede, onstabiele denkpatrone, pynlike emosies en ontstellende fisiese en verstandelike gesondheidsprobleme te hanteer.

Nog belangriker, die Bybel verseker ons dat ons Skepper, Jehovah God, a ons gedagtes en gevoelens beter as enige iemand anders verstaan. Hy wil ons graag help met enige probleme wat ons het. Kyk byvoorbeeld na twee vertroostende Bybeltekste:

“Jehovah is naby dié wie se hart gebreek is. Hy red dié wat mismoedig is.” – PSALM 34:18.

“Ek, Jehovah jou God, gryp jou regterhand vas. Ek is die Een wat vir jou sê: ‘Moenie bang wees nie. Ek sal jou help.’” – JESAJA 41:13.

Maar hoe help Jehovah ons om verstandelike gesondheidsprobleme te hanteer? Soos jy in die volgende artikels sal sien, wys Jehovah op baie praktiese maniere dat hy regtig vir ons omgee.

a Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.