Bewys Messiaanse profesieë dat Jesus die Messias was?
Die Bybel se antwoord
Ja. Toe Jesus op die aarde was, het hy baie profesieë vervul oor “Messias die Leier”, die een wat die “Redder van die wêreld” sou wees (Daniël 9:25; 1 Johannes 4:14). Jesus het selfs ná sy dood aangehou om Messiaanse profesieë te vervul. — Psalm 110:1; Handelinge 2:34-36.
Wat beteken die woord “Messias”?
Die Hebreeuse woord Ma·sjiʹach (Messias) en die Griekse woord Khri·stos (Christus) beteken albei “Gesalfde”. Daarom beteken “Jesus Christus” dieselfde as “Jesus die Gesalfde”, of “Jesus die Messias”.
In Bybelse tye is ’n persoon dikwels met olie gesalf wat op sy kop gegooi is wanneer hy ’n spesiale posisie van gesag ontvang het (Levitikus 8:12; 1 Samuel 16:13). Jesus is deur God aangestel om die Messias te wees — ’n posisie van groot gesag (Handelinge 2:36). God het Jesus nie met olie gesalf nie, maar eerder met heilige gees. — Matteus 3:16.
Kon meer as een persoon die profesieë oor die Messias vervul?
Nee. Net soos ’n vingerafdruk net een persoon identifiseer, verwys die vervulling van Bybelprofesieë net na een Messias, of Christus. Maar die Bybel het gewaarsku dat “valse Christusse en valse profete sal opstaan en . . . groot tekens en wonders [sal] doen om, indien moontlik, selfs die uitverkorenes te mislei”. — Matteus 24:24.
Gaan die Messias nie dalk in die toekoms verskyn nie?
Nee. Die Bybel het voorspel dat die Messias ’n nakomeling van koning Dawid van Israel sou wees (Psalm 89:3, 4). Maar die Joodse geslagsregisters wat tot in Dawid se tyd teruggaan, bestaan nie meer nie. Dit lyk asof dit vernietig is toe die Romeine Jerusalem in 70 HJ vernietig het. a Van daardie tyd af kon niemand bewys dat hulle van die koninklike familie van Dawid is nie. Maar daardie geslagsregisters het wel in Jesus se tyd bestaan, en daarom kon selfs sy vyande nie ontken dat hy ’n nakomeling van Dawid is nie. — Matteus 22:41-46.
Hoeveel profesieë oor die Messias is daar in die Bybel?
Dit is nie moontlik om presies te tel hoeveel profesieë daar oor die Messias is nie. Byvoorbeeld, die manier hoe profesieë getel word, kan verskil selfs vir gedeeltes wat duidelik oor die Messias gaan. Jesaja 53:2-7 noem verskillende kenmerke wat sou help om die Messias te identifiseer. Party sal hierdie gedeelte dalk as een profesie sien, terwyl ander elke kenmerk as ’n aparte profesie beskou.
Party profesieë oor die Messias wat Jesus vervul het
Profesie |
Teks |
Vervulling |
---|---|---|
Abraham se nageslag |
||
Nageslag van Abraham se seun Isak |
||
Uit die Israelitiese stam Juda gebore |
||
Uit die koninklike geslagslyn van Dawid |
||
Uit ’n maagd gebore |
||
In Betlehem gebore |
||
Word Immanuel genoem b |
||
Eenvoudige begin |
||
Jong kinders ná sy geboorte doodgemaak |
||
Uit Egipte geroep |
||
Is ’n Nasarener genoem c |
||
’n Boodskapper kom voordat die Messias verskyn |
||
In 29 HJ as Messias gesalf d |
||
Word deur God erken as Sy Seun |
||
Ywerig vir God se huis |
||
Verkondiger van die goeie nuus |
||
Openbare bediening in Galilea ’n groot lig |
||
Doen wonderwerke soos Moses |
||
Soos Moses het hy God se gedagtes gespreek |
||
Het die siektes van baie genees |
||
Het nie die aandag op homself gevestig nie |
||
Het omgegee vir dié wat swaarkry |
||
Het God se geregtigheid geopenbaar |
||
’n Wonderlike Raadgewer |
||
Het God se naam bekendgemaak |
||
Het illustrasies gebruik |
||
’n Leier |
||
Baie het nie in hom geglo nie |
||
’n Steen van struikeling |
||
Verwerp deur mense |
||
Gehaat sonder rede |
||
Kom triomfantlik in Jerusalem in op ’n donkie |
||
Geprys deur kinders |
||
Het in Jehovah se naam gekom |
||
Verraai deur iemand wat hy vertrou het |
||
Verraai vir 30 silwerstukke e |
||
Vriende het hom verlaat |
||
Valse getuies het teen hom getuig |
||
Het stil gebly voor sy beskuldigers |
||
Is op gespoeg |
||
Is op die kop geslaan |
||
Met ’n sweep geslaan |
||
Het nie terugbaklei toe hy geslaan is nie |
||
Regeringsleiers het teen hom gekonkel |
||
Vasgespyker aan ’n paal deur sy hande en voete |
||
Mense het die lot gewerp (gedobbel) vir sy klere |
||
Saam met die sondaars getel |
||
Bespot, beledig |
||
Deur pyn en lyding gegaan vir sondaars |
||
Dit het gelyk asof God hom verlaat het |
||
Is asyn en gal gegee om te drink |
||
Dors net voor dood |
||
Het gees aan God toevertrou |
||
Het sy lewe opgeoffer |
||
Het die losprys voorsien om sonde weg te neem |
||
Bene nie gebreek nie |
||
Deurboor |
||
Begrawe met die rykes |
||
Opgewek uit die dood |
||
Verraaier is vervang |
||
Sit aan God se regterhand |
a McClintock en Strong se Cyclopedia sê: “Daar bestaan min twyfel dat die geslagsregisters van die Joodse stamme en families met die vernietiging van Jerusalem verlore gegaan het, en nie vroeër nie.”
b Die Hebreeuse naam Immanuel beteken “Met ons is God”. Dit is ’n goeie beskrywing van Jesus se rol as die Messias. Sy werke en ook die feit dat hy op die aarde was, het bewys dat God met Sy aanbidders is. — Lukas 2:27-32; 7:12-16.
c Die woord “Nasarener” kom blykbaar van die Hebreeuse woord neʹtser, wat “spruit” beteken.
d Vir meer details oor hoe die Bybel se chronologie wys dat die jaar 29 HJ die jaar van die Messias se koms is, sien die artikel “Hoe Daniël se profesie die koms van die Messias voorspel”.
e Hierdie profesie is in die boek Sagaria, maar die Bybelskrywer Matteus sê dat dit “gespreek is deur middel van die profeet Jeremia” (Matteus 27:9). Dit lyk asof die boek Jeremia soms eerste in die deel van die Bybel gesit is wat “die Profete” genoem is (Lukas 24:44). Matteus het blykbaar van “Jeremia” gepraat om na daardie hele versameling boeke te verwys, wat die boek Sagaria insluit.